Ingrid Jonker


Ladybird
('n Herinnering aan my moeder)

Glans oker
en 'n lig breek
uit die see.

In die agterplaas
êrens tussen die wasgoed
en 'n boom vol granate
jou lag en die oggend
skielik en klein
soos 'n liewenheersbesie
geval op my hand