Stef Bos

As ek oud word
Wil ek oud wees
Geen gladgestrykte plooie
Geen uitgewiste spore
Van geluk en verdriet
Maar ‘n oop verlede
‘n Landkaart
Wil ek wees
Waarop jy my lewe
Kan lees